Welkom by die Kalfiefees 2015

June 19, 2015
burgemeester_small

Dit is Augustus en Kalfiefees tyd

Vir 15 jaar is die Overstrand Munisipaliteit deel van die Kalfiefees en het die groei ervaar. Hierdie fees trek besoekers van oraloor om van ons land se top kunstenaars te sien.  Die feeskomitee het weereens alle verwagtinge oortref om iets vir almal te bied. Vanaf die gala-aand waartydens VonWest optree, tot by die allerlaaste optrede, is daar ‘n wye verskeidenheid waaruit gekies kan word. Daar is komedies waartydens die vrou vir haarself gaan lag en die man homself langs ‘n braaivleisvuur gaan sien.  Ook is daar musiekoptredes deur top bekroonde musikante en moenie van die kunsuitstalling in die ouditorium en […]
June 19, 2015
Thys_Sutherland_2015

Voorsitter

A.G. Visser het jare gelede gesê: “ kom ons gaan ‘n kalfie soek…..  ons tweetjies, ek en jy.” Hier in die Overberg hoef niemand verder te soek nie! Winter, walvisse en die Hermanus Times Kalfiefees het sinoniem geword! Ons vier vanjaar ons 15e bestaansjaar en die fees het beslis sy kinder(kalfie)skoene ontgroei. Ons bied vanjaar weer ‘n Besprekingsprogram, Vrouedag, Dramas, Komedies, Musiek en kinderproduksies van hoogstaande gehalte aan u, ons lojale feesgenote. Benewens die kunstenaars en u ons feesvriende, is ons borge die krag agter die fees. A very special word of thanks to each and every one of our […]
June 18, 2015
2015-05-07 17.23.00

Ingrid Jonker Wêreldwyd

Die multimedia-vertoning met die titel INGRID JONKER WêRELDWYD bevat ‘n rykdom van visuele en ander materiaal wat die internasionale trefkrag van Ingrid Jonker en haar werk illustreer. Dit sluit oa in: uittreksels uit dokumentêre video’s, gesprekke met André Brink, Jan Rabie, Marjorie Wallace, W.A. de Klerk, Jana Cilliers; musiek-video’s van bekendes soos Chris Chameleon, Laurika Rauch, Helena Hettema, Hollandse en Belgiese sangers, ook Stefans Grové; voorlesings van gedigte deur Antjie Krog, Ingrid Jonker self, vertalings in Spaans, Zoeloe, Portugees, Pools, selfs Albanies; ballet en drama, kunswerke en unieke foto’s. Ingrid Jonker se naam weerklink van Kaapstad tot Vancouver, Amsterdam, Hong […]
June 18, 2015
3

Juanita du Plessis- En toe staan die wêreld stil

Die blinkste ster aan die Suid-Afrikaanse musiek-uitspansel is ons eie Platinum prinses, Juanita du Plessis. Sy is lank reeds gekroon as ons land se top Afrikaanse vroue-kunstenaar en sy gaan nie gou van haar kroon afstand doen nie. Juanita se roemryke loopbaan het in 1998 afgeskop met haar debuut-album “Juanita” . In dieselfde jaar wen sy verskeie toekennings en dit was toe reeds duidelik dat Juanita se liedjies wèrk!   Na baie gebede en wag verskyn haar tweede album “Ek en jy”, Ska-Rumba was die bonussnit. ‘n Suksesverhaal met vele mylpale word geskryf. ‘n Klompie skitterende, suksesvolle albums sien die lig […]